Blog

Ons Reformed Family Forum in 'n tyd van pandemies

 23 Jul 2020  Dr Nico Mostert   Vennote in Getuienis
Aangepas deur dr Nico Mostert vir VRYPOS

Vennote in Getuienis is ’n lid van die Reformed Family Forum (http://rff.christians.co.za/), ‘n instansie waar al die kerke in Afrika wat uit die NG Kerk ontstaan het deur hul General Secretaries (sinodale bestuurders) verteenwoordig word – ‘n verteenwoordiging van meer as 8 miljoen gelowiges in Afrika. Vennote in Getuienis ondersteun hierdie forum finansieel en help ook met die ontwikkeling en bestuur van hul mediaplatforms.

Die jongste hulp is ‘n interaktiewe WhatsApp-groep waarop daar weekliks relevante inligting aan al die lede deurgegee word – iets wat veral nou in die COVID-19 pandemie van uiterste belang is en waarvoor daar groot waardering is. Lees meer hieroor by https://bit.ly/39gXrD3